AFRIKAANSE VROUE-DAGBOEKE

"Die antwoord is nie om jouself te ontdek nie.Die antwoord is om jouself te skep

Members

  • Catherina M Susanna (Smit)Jones
  • Alice Griesel
  • Muriel
  • Corne Scheepers
  • Petro Erasmus
  • Frida van der Spuy
  • Rietta Naude
  • VALINDA
  • SANDRA OOSTHUIZEN
  • irene groenewald
  • Jen Thomas
  • Charmaine Smith
  • Susan Bekker
  • Stephanie Ferreira
  • Elizabeth Kendall
  • Trudie Jacobs
  • Driekie Uys
  • Coleen Roux
  • Thea Grobler van der Nest
  • Ronelle

Forum

Maree de Wet

Ek is Elizabeth Kendall

Started by Maree de Wet in Profiel Forum Oct. 21, 2009.

Maree de Wet

Stel Jouself Voor aan Vroue-Dagboeke 4 Replies

Started by Maree de Wet in Admin. Last reply by Maree de Wet Oct. 13, 2009.

Maree de Wet

Ek is Maree de Wet 1 Reply

Started by Maree de Wet in Profiel Forum. Last reply by Marlene May. 31, 2009.

Huidige Maan Fases

Party mense het duisende redes hoekom hulle nie iets kan doen nie, wanneer al wat hulle nodig het is EEN rede hoekom hulle kan.

Notes

Notes Home


Welkom! Skryf hier 'n nota vir lede of iemand spesiaal. Of gebruik hierdie

Continue

Created by Maree de Wet Jan 16, 2009 at 2:12pm. Last updated by Maree de Wet May. 14, 2009.

Events

 

WELKOM BY VROUE DAGBOEKE! Lees Asseblief!



Ek wil almal verwelkom na VROUE-DAGBOEKE - hier kan jy lekker gesels, jou hart uit praat, Gesels-Groepe vorm, fotos, musiek en videos oplaai en sommer net Blog! Die sagteware vir hierdie werf is verskriklik maklik en heerlik om mee te werk.

Hierdie Netwerk is 'n platform vir Afrikaanse Skrywers en Digters, asook waar jy idees kan deel, raad kan gee of vra en waar ons almal in Afrikaans kan konnekteer.

Hier gaan ons geϊnspireer word en mekaar inspireer, lekker lag en ons Afrikaanse taal huldig. Hier kan ons die natuur vereer en deur dankbaarheid aan die Heelal ons lewens omskep in iets wonderliks.

Leef jou verbeelding en nie jou geskiedenis nie - gister is verby, gedaan, kaput - môre is nog nie hier nie - al wat ons het is VANDAG - NOU - DIE HEDE - en wat jy daarmee gaan doen. Oorvloed, nes suurstof, is vrylik beskikbaar vir ons almal, so besluit vandag om 'n verskil te maak - 'n verskil aan jouself en 'n verskil aan die Heelal.

Sluit asseblief aan by VROUE-DAGBOEKE en nooi asseblief al jou vriende en vriendinne om in te loer en deel te neem en 'n wonderlike ondervinding vir almal te skep. Ek WEET julle het almal baie om te sê - LAAT VAN JOU HOOR!

Ek hoop dat almal hierdie Dagboeke sal geniet en inspirasie sal vind - advies, idees, opmerkings, voorstelle, opstelle en kritiek of aansporing is altyd welkom.

Begin deur jouself bekend te stel op die PROFIEL FORUM en dan jou eie GROEPE te stig waar almal kan deelneem en kommentaar lewer, of BLOG sommer maar net!

Daar is soveel dinge en gebeurtenisse in die lewe dat ek nie glo 'n mens kan ooit sonder skryfstof of leesstof sit nie!

Die kopiereg van alle artikels op hierdie netwerk BEHOORT AAN DIE SKRYWERS en AFRIKAANSE VROUE-DAGBOEKE onderneem om nie enige artikels êrens anders te publiseer sonder die uitdruklike toestemming van die skrywers nie.

AL KRITERIA WAT DAAR IS, IS DAT ALLE SKRYFWERK OP HIERDIE NETWERK OORSPRONKLIK MOET WEES OF DIE NODIGE SKAKELS BEVAT OM KOPIEREG-PROBLEME TE VERMY.

free counters

Blog Posts

Maree de Wet

Terugblik oor die jaar

Vat nou maar vir Januarie – 'n maand sonder enige identiteit. 'n Klomp hou vakansie, terwyl die ander sotte sukkel om hul werk gedoen te kry, want die spul wat die tjeks moet teken, lê nog op Margate se strand. Dan jaag almal huis toe met 'n moerse spoed, terwyl pa sit en vloek oor sy overdraft wat in sy kanon is en ma die nuwe rolle om haar middellyf blou knyp. Die res van die maand eet almal viennas en droë Krismiskoek, want die kinders se skoolklere kos 'n plaas se geld.

Arme, stomme… Continue

Posted by Maree de Wet on January 6, 2010 at 7:57am

Maree de Wet

Kersfees 2009!



Vir almal hier op Vroue-Dagboeke, 'n Geseënde Kersfees en mag 2010 'n voorspoedige nuwe jaar wees en al jou verwagtinge oorskry!

Posted by Maree de Wet on December 22, 2009 at 11:16am

Maree de Wet

Verandering



Wat op aarde sal ons doen as dinge in die lewe nie verander nie? Krepeer van verveling, dink ek!
.
Om die deur toe te maak vir verandering is soos om in 'n weelderige huis met 'n pragtuin en swembad te woon en dan, in plaas van om in te duik en die heerlike water te geniet, sit jy net binne die huis en kyk uit na buite en dink hoe koud die… Continue

Posted by Maree de Wet on December 3, 2009 at 10:04am

Maree de Wet

Laat die Wêreld by Jou Verbygaan...


Nou die dag sit ek op die stoep, beskou my tuin met al die voëltjies en insekte, net so besig m… Continue

Posted by Maree de Wet on October 25, 2009 at 8:39am — 4 Comments

Maree de Wet

Selfhelplysie

Oktober is miskien die mooiste, mooiste maand, maar terwyl die lente sy kleure en geure in 'n weerbarstige streep oor die landskap trek, klim die herinnering aan verspeelde dae onder jou gewete in. Die jaar is amper verby en wat het jy nou eintlik gedoen? Bôgeroll! Die boek wat jy wou skryf, die marathon wat jy wou hardloop, die slegte gewoontes wat jy sou afleer – daar het niks van gekom nie. In stede is jy luier, dikker en dommer as 'n jaar gelede!

Maar daar is hulp!

JOU EIE SELFHEContinue

Posted by Maree de Wet on September 14, 2009 at 7:00am

Maree de Wet

Wat is Familie?



WAT IS 'N MA?
'n Ma is 'n drukkie-mens,
'n soentjie-mens,
en ek-is-lief-vir-jou-mens
JOU MA IS 'N KONINGIN WAT JOU SOOS 'N SLAAF BEDIEN.
WEES LIEF VIR HAAR - GEE HAAR AANDAG.

WAT IS 'N PA?

'n Pa is jy-was-stout-mens,
ek-gaan-jou-straf-mens,
want-ek-het-jou-lief m… Continue

Posted by Maree de Wet on August 25, 2009 at 9:59am

Maree de Wet

My Sondag-oggend


"Go with the Flow" waterverf op Bockingford 300gsm - Maree©

Was vroeg o… Continue

Posted by Maree de Wet on August 23, 2009 at 11:46am

Maree de Wet

Wat doen jy op 'n Saterdag middag?


"Distant Shores" waterverf op Bockingford 300gsm - Maree©
(Kliek om t… Continue

Posted by Maree de Wet on August 22, 2009 at 2:30pm

HELEN SERFONTEIN SMEIMAN

'n Ongewone Reis


Gister het ek 'n dag soos min ander belewe. Ek is op 'n toer deur die Richtersveld geneem, 'n toer wat bedoel was om mense te ontmoet, wat my moontlik kan help, om 'n projek te begin wat tot voordeel van die Richtersveld en Namakwaland se mense kan wees.

Min het ek geweet,… Continue

Posted by HELEN SERFONTEIN SMEIMAN on August 9, 2009 at 1:30pm — 2 Comments

HELEN SERFONTEIN SMEIMAN

Hoekom het 'n antwoord

Daar is sekere dinge wat mens wil en sekere goed waarteen jy skop soos 'n steeks donkie.

My koms na die Port was een van die dinge wat ek nie gewou het nie, maar toe ek my kom kry, beland ek sak en pak hier, waar jy tussen niks en nerens 'n bestaan moet maak.
My ding met die Port, le erens tussen bo-genoemde wil en 'n steeks donkie, maar nogtans 'n ding en 'n ding wat ek nie kan, of wou, verstaan nie.

Ek het mysel, f die afgelope drie jaar, al sat gedink oor hoekom ek, toe ek besluit het om pl… Continue

Posted by HELEN SERFONTEIN SMEIMAN on August 8, 2009 at 3:16pm — 1 Comment

Maree de Wet

Beste Vriendin...


Toe ek nog 'n klein dogtertjie was, het ek nog geglo 'n mens het net een beste vriendin, maar… Continue

Posted by Maree de Wet on August 1, 2009 at 11:10am — 3 Comments

Maree de Wet

Kruise op ons paaie



Ek het op hierdie artikel afgekom omtrent al die kruise op ons paaie wat opgesit word deur mense wat geliefdes verloor het in motor ongelukke.

"The SA National Roads Agency Limited (Sanral) says it wants grieving families to do away with "distracting" roadside memorial cr… Continue

Posted by Maree de Wet on July 31, 2009 at 7:08am

Maree de Wet

My nuwe lewensopvatting

Posted by Maree de Wet on July 21, 2009 at 7:07am

Maree de Wet

Artists' Koffie Club byeenkoms


Eagle's Fare restaurant in die Botaniese Tuin

Wel, die eerste byeenkoms (2 Julie 2009) van die Artists' Koffie Klub by die Walter Sisulu Botaniese Tuin in Roodepoort is nou gekanselleer. Ek het heelwat mense gehad wat geinteresseerd was, maar geen positiewe RSVP's nie. Dus… Continue

Posted by Maree de Wet on July 1, 2009 at 2:33pm

Maree de Wet

Wonderlike Plekke - Maree se Plek

Ons lede lê wyd verspreid oor die land en die wêreld - Colleen Roux in Kaapstad, Lorraine in Vanderbijlpark, Johan in Cathcart, Hardy in Manguzi, De Waal in Krugersdorp, Meraai in Queensland in Australia, Ronelle in Heidelberg in die Kaap, Carina in Mpumalanga, Anzuette in Trichardt, Amanda êrens in Suid Afrika, Sue in Kaapstad, Helen in die Port, Marlene in Bellville, Susan in Margate, Alvene in Somerset-Wes, Chantelle in Welkom, Michelle in Ballito, Annetjie in Johannesburg, Glo & bid in G… Continue

Posted by Maree de Wet on June 28, 2009 at 7:09am

Maree de Wet

Artists' Koffie Klub



Die Artists' Koffie Klub se eerste byeenkoms is gereël vir Donderdag, die 2de Julie, by die Eagle's Fare Restaurant in die Walter Sisulu Botaniese Tuin in Malcomweg, Poortview, Roodepoort, Gaut… Continue

Posted by Maree de Wet on June 7, 2009 at 8:57am

Maree de Wet

Emosionele Hulp

Wanneer jy die dag voor ’n probleem groter as jy self te staan kom, is dit tyd om vir hulp aan te klop. Die vraag is net, aan wie se deur?

Ek weet nie of dit 'n onlangse ding is nie of was dit nog altyd so en is dit nou net meer sigbaar oor die tegnologie van die internet... Ek praat van die feit dat driekwart, of nee, ek gaan sê 99%, van ons vrouens sit met emosionele probleme - en die feit dat daar net nie hulp daar buite is nie.

Met 'hulp' bedoel ek psigoloë en hospitale, wat net pille wil… Continue

Posted by Maree de Wet on June 4, 2009 at 9:29am — 2 Comments

Maree de Wet

Is jy soos Alice in Wonderland?


In een hoofstuk van Lewis Carrol se klassieke boek 'through the Looking Glass', is Alice heeltemal verdwaal, en uit desperaatheid vra sy die Cheshire kat, wat gemaklik op 'n tak van 'n boom sit, of hy haar kan help.

"Kan jy my asseblief sê watter pad ek van hier af moet vContinue

Posted by Maree de Wet on June 1, 2009 at 11:30am

Maree de Wet

Don't mean to bug you...

Posted by Maree de Wet on May 16, 2009 at 5:25pm

Maree de Wet

'n Verjaarsdag!


'n Gelukkige verjaarsdag aan Coleen Roux wat vandag (?) oud is (weet nie of ons dit mag noem nie!) en mag jy jou verjaarsdag geweldig geniet, Coleen!

Posted by Maree de Wet on May 14, 2009 at 9:06am

 
 

Latest Activity

SANDRA OOSTHUIZEN Probeer weer n keer!! En beter as die vorige keer!!
January 25
Het gaan kyk waar dit is - net onder Dubai - genade!
January 25
Sal ook Oman moet Google - waar op aarde is dit?! Maar dalk sal hy nie te lank bly nie...
January 25
Welkom by die groep, Catherina Susanna - en pragtige pos! Mooi profiel-foto ook!
January 25

Badge

Loading…

Birthdays

There are no birthdays today

Photos

Loading…

Woorde van Wysheid

Image
"Moet nooit 'n sambreel dra nie. Berei jouself voor om in ewigdurende sonskyn te wandel."

OORVLOED Blog

Maree Clarkson commented on Sarie inni Bosveld's blog post 'No Title'

Maree Clarkson commented on Sarie inni Bosveld's blog post 'No Title'
Wonderlik geskryf Sarie - die hartseer lê vlak... maar Tyd is die heler van alles, as ons dit net sal toelaat. Groete

Sarie inni Bosveld added a blog post

Sarie inni Bosveld added a blog post
Mamma sou vandag 25/01/2010 81 gewees het. Hoe vertel ek die eina seer wat ek beleef as ek haar tweeling sussie vandag moet bel om haar geluk te wens met haar verjaarsdag? Die moed ontbreek en ek is bang vir my eie gemoedstoestand. Ek skuil liewer a…
 

© 2010   Created by Maree de Wet on Ning.   Create a Ning Network!

Badges  |  Report an Issue  |  Privacy  |  Terms of Service

Sign in to chat!